• Die vorms van listeriose wat met ontsteking van die breinvlies en brein gepaardgaan, kom meestal by herkouers voor. Die verloop van die siekte is gewoonlik twee tot drie dae by bokke, skape en kalwers, en een tot twee weke by volwasse beeste.
  • Aangetaste diere se koors styg eers waarna dit na normaal en ondernormaal val. Diere is depressief, loop in sirkels en het inkoördinasie, hou die kop skuins, en unilaterale verlamming van die gesigsenuwee wat vertoon as verslapping van die lippe, ore en ooglede kom voor.
  • Die spiere van die kake en farinks verlam sodat diere nie behoorlik kan kou en sluk nie. Kos en slym hang by die bek uit. Uiteindelik tree algehele verlamming in en die dier vrek. Wat ook al gesien is, is fietsrybewegings van die voorpote, moeilike asemhaling, verlamming van een been en oogslymvlies- en oogontsteking.
  • Sporadiese aborsies kom meer algemeen by beeste voor. Wanneer aborsies gedurende laat dragtigheid by koeie en ooie voorkom, sit die nageboorte gewoonlik vas.
  • Septisemiese listeriose is die algemeenste vorm wat gevind word by fetusse en pasgebore herkouers, en soms by enkelmaagdiere.

Waar hierdie siektetekens waargeneem word, moet ’n veearts so gou moontlik ontbied word.

Malan gee onder Vra vir Faffa 'n detail beskrywing van waarvoor boere op die uitkyk moet wees. Lees dit gerus hier