Dit volg nadat verskeie gevalle van listeriose landwyd aangemeld en minstens 36 mense gesterf het. Besmetting vind deur die inname van voedsel plaas.
Hoewel rooivleis volgens die forum nie ’n tipiese bron van besmetting is nie, doen hy in ’n persverklaring ’n dringende beroep op die rooivleisbedryf om spesiale aandag te gee aan higiënepraktyke tydens die produksie, verwerking, verpakking en voorbereiding van vleis.
Die hoofoorsaak van listeriose is die bakterie Listeria monocytogenes, wat in modder, grond, water, riool en verrotte plante gevind word. Diere kan die bakterieë inneem deur besmette plante of ander diere te eet.
Hitte vernietig die bakterieë
Hoewel die bakterieë deur behoorlike gaarmaakprosesse vernietig word, waarsku die forum dat verbruikers gekookte en rou vleis afsonderlik van mekaar moet hou om kruisbesmetting te voorkom. Listeria-bakterieë is veral gevaarlik omdat dit teen yskastemprature kan groei.
Die forum vra ook dat verbruikers seker maak dat vleis van geregistreerde abbatoirs met ’n onafhanklike vleisinspeksiediens aangekoop word om te verseker dat die regte higiëneprosedures gevolg is ten einde siektes uit te skakel en voedselveiligheid te verseker. Verbruikers word ook aangeraai om nie rou vleis te eet nie.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier