Volgens Derksen is die onderstaande pryse saamgestel uit pryse wat uit die handel in die Noord-Vrystaat verkry is, terwyl die nasionale verbod op veilings steeds van krag is na aanleiding van die uitbreking van bek-en-klouseer aan die einde van verlede jaar. Derksen sê die onderstaande pryse moet as ’n riglyn beskou word, en dit is belangrik om daarop te let dat speenkalfpryse opwaarts neig.

(Pryse in R/kg lewendige gewig, BTW uitgesluit.)

Beeste

Speenkalf kleiner as 200kg - R35,00

Speenkalf tot 250kg - R34,50

Speenkalf groter as 250kg - R28,00

Klas A - R25,50

Klas B - R23,00

Klas C (vet) - R 20,00

Klas Co-C1 - R18,00

Slagbulle - R22,00

Skape

Stoorlammers - R32,15

Slaglammers - R33,00

Stoorskape - R22,00

Vet skape R24,00

Bokke

Lammers - R40,00

Ooie - R30,50

Derksen kan gekontak word op 082 807 5961.