Volgens Derksen is die onderstaande pryse saamgestel uit pryse wat uit die handel in die Noord-Vrystaat verkry is, aangesien die veilingsverbod nog te kort terug gelig is en veilingsgetalle te min is om akkurate pryse weer te gee.

Hy sê volgens sy markverslag daar is ’n goeie kans dat speenkalfpryse later kan begin styg met die moontlike reuse-mielieoes wat verwag word.

Derksen sê die onderstaande pryse moet as ’n riglyn beskou word.

 (Pryse in R/kg lewendige gewig, BTW uitgesluit.)

Beeste

Speenkalf kleiner as 200kg - R34,50

Speenkalf tot 250kg - R34,50

Speenkalf groter as 250kg - R28,00

Klas A - R25,50

Klas B - R23,00

Klas C (vet) - R 20,00

Klas Co-C1 - R17,00

Slagbulle - R21,00

Skape

Stoorlammers - R33,00

Slaglammers - R34,00

Stoorskape - R25,50

Vet skape - R24,50

Bokke

Lammers - R38,00

Ooie - R30,50

Vir enige verdere navrae skakel Chris Derksen by 0828075961