Die brandyster met multi-losletters werk op dieselfde beginsel, afgesien dat daar net een karakter op elke bordjie is. Die bordjie kan afsonderlik en vinnig omgeruil word. Boere wat diere individuele nommers gee, gebruik dit.
Die vastekop met enkelsyferbrandyster word gebruik om ’n registrasiemerk te brand met die opsie om ’n enkeljaarsyfer terselfdertyd te brand. Die syferbordjies kan omgeruil word. ’n Blanko-bordjie word saam met die brandyster voorsien.
’n Elektriese stroom loop deur die vlekvrye staaldraad waarvan die merk gevorm is. Die hele merk is binne 12 sekondes tot 20 sekondes warm en beeste kan so vinnig gemerk word as wat ’n mens van bees tot bees kan beweeg.
Die kabel is 5 m lank en gee heelwat beweegruimte.
PRYS:
Vanaf R5 000.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier