Die varkprodusente-bestuurskomitee van die Namibiese Landbou-unie wat in Windhoek vergader het, het bevind Namibiese varkvleispryse is in ooreenstemming met dié in Suid-Afrika weens die inpak van die Covid-19-pandemie. Voerpryse neem egter skerp toe.

Die meeste invoer van vleisprodukte is vanuit Suid-Afrika, hoewel invoer vanaf Europese lande styg.

Volgens die Namibiese Vleisraad wat die huidige varkmarkaandeel-promosieskema in oënskou geneem het, is hierdie skema noodsaaklik om stukrag aan die varkbedryf te gee. Sedert die skema in werking gestel is, het die slagsyfer met 57% gestyg, wat aandui die skema is suksesvol.