Belanghebbendes in die rooivleiswaardeketting probeer al jare lank om 'n graderingstelsel in te stel.
Mnr. Nick Serfontein, voorsitter van die Sernick-groep en Landbouskrywers SA se Boer van die Jaar 2019, het op die vereniging van veevoervervaardigers (Afma) se Forum 2020 by Sun City gesê Suid-Afrika gebruik 'n klassifikasiestelsel wat ouderdom, vet en karkasbou aandui, met die aanname dat A-graad-vleis sagter is as B- en C-graad. Volgens hom is dit nie meer noukeurig nie.
Sy groep gebruik van die Australiese MSA-graderingstelsel as basis wat ribvetdikte, getal tande, geslag, tropiese rasinhoud, hangmetode ná slagting, groeihormone, marmering en suurvlakke en temperatuur in aanmerking neem.
“Suid-Afrika se stelsel is verouderd, in teenstelling met die Australiese MSA wat baie doeltreffend is. Ons praat reeds baie jare lank sonder sukses oor ons stelsel, maar ek dink dit gaan vanjaar verander word,” het Serfontein gesê.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier