Mnr. Bom Louw, produksie-adviseur van die NWKV in die Vrystaat, KwaZulu-Natal en Mpumalanga, het die kursus op ’n reeks streekvergaderings in die provinsies verduidelik.
Hy het gesê dit is ’n praktykgerigte opleidingsprogram wat aan elke wolboer die geleentheid bied om die bestuursaspekte en -vaardighede wat die grootste invloed op die ooikudde se reproduksie het, aan te leer en toe te pas.
Die program word vir klein groepies boere aangebied, wat vier tot sewe keer tydens die opleidingsperiode op mekaar se plase bymekaarkom. Die groepe besluit self hoe gereeld hulle vergader.
Elke byeenkoms is só geskeduleer dat dit met ’n belangrike fase in die ooie se reproduksiesiklus saamval. Só ontvang hulle vaardighede en kennis om hul ooikuddes se produksie te maksimaliseer.
Die modules is: 1: Paartyd; 2: Vroeë en middragtigheid; 3: Laatdragtigheid; 4: Lamtyd en vroeë laktasie; 5: Mid- tot laat-laktasie; 6: Speentyd; 7: Na-speen en voor-paring.
Dit kom neer op minstens vier byeenkomste, naamlik Januarie, April, Junie en September, soos die tabel dit vir onderskeidelik herfs- en lentelamstelsels uiteensit.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier