Die volgende inligting is nodig om ’n vraag soos dié te kan beantwoord:

Hoeveel proteïenlekblok en mielies word per dag per dier gevoer? Is dit groenhawerweiding, droë hawerweiding of is dit hawerpitte?

Indien dit weiding is, hoeveel is beskikbaar?

Indien dit hawerpitte is, hoeveel word per skaap per dag gevoer?

Is daar genoeg vreetplek sodat al die skape gelyktydig kan vreet?

Watter inentingsprogram word gevolg?

Is Johne se siekte in die omgewing?

Indien die diere gereeld ontwurm word, kan daar vir parasietweerstand geselekteer word.

Is miseiertellingreduksietoetse (Metred) al gedoen om te bepaal watter wurmmiddelgroepe nog doeltreffend is op die plaas?

Doen ’n veearts gereeld nadoodse ondersoeke?

Dit is nodig om die teenwoordigheid van inwendige absesse, ander oorsake en parasiete op te spoor.

Dr. Jasper Coetzee is ’n kleinveespesialis en dr. Faffa Malan is bestuurder van die Herkouerveterinêre Vereniging van Suid-Afrika

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.