Phillips sê die vyfling, een rammetjie en vier ooie, is almal springlewendig en gesond. Hy sê hulle is sonder probleme natuurlik gebore.

Die ooi, wat natuurlik met die vyfling dragtig geraak het, is ook gesond. Sy sal vir drie van die lammetjies sorg. Die ander twee sal vir ander ooie gegee word.

Phillips sê meerlinge is altyd ’n goeie teken en hopelik is dié vyfling ’n teken dat die voortslepende droogte besig is om sy einde te bereik.