Vraag
Ek het al verskeie kere gehoor dat veral kunsvlieghengelaars daarna verwys dat hulle water (veral riviere) “lees”. Wat presies word daarmee bedoel?
Raad
Om water te “lees”, beteken om plekke in ’n rivier te identifiseer waar visse hulle bes moontlik bevind. Die beginsel berus op ’n teorie getiteld economics of feeding. ’n Vis sal so min moontlik energie gebruik om steeds soveel moontlik energie te bekom. In die eerste plek sal ’n vis nie loodreg teen ’n stroom lê nie, maar parallel daarmee.
Visse kyk ook byna altyd stroomop om twee redes. Eerstens spoel water dan oor die vis se kieue, en tweedens is visse gewoond dat kos van daardie rigting kom (insekte dryf byvoorbeeld stroomaf). Soos reeds vermeld, sal visse ook posisies uitsoek in ’n stroom waar hulle so min moontlik energie hoef te gebruik, maar steeds maklik toegang sal hê tot kos wat stroomaf dryf.
Dit is gewoonlik gebiede agter klippe of in holtes op die bodem. Water spoel om die klip en vorm ’n kalm gebied (slip stream) agter die klip.
Dieselfde geld vir holtes in die bodem (of dieper gebiede binne ’n vlak stroomversnelling). Die stroom spoel basies oor die holte waarin die vis lê. Deur hom op sulke dele toe te spits (veral wat kunsvlieghengel vir geelvis en forel betref), het die hengelaar dus ’n beter kans om sukses te behaal.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier