Vraag

Wat moet ek saam met koring meng om dit vir skape te voer sodat hulle nie diarree kry en vrek nie? Ek het 20 ton koringsaad.

Raad

Kleingrane, veral koringsaad, se energie is hoogs beskikbaar. As dit nie reg gevoer word nie, kan diere maklik suurpens kry.

Dit word aanbeveel dat koring heel gevoer moet word en hoogstens 50% van die energiebron moet uitmaak. Wanneer hoër insluitingsvlakke gebruik word, word die insluiting van doeltreffende buffers al belangriker.

Gebruik Voermol Landelek (reg.nr. V15414, Wet 36 van 1947), ’n klaargemengde lek wat spesifiek ontwikkel is vir die veilige benutting van mieliereste, weimielies en kleingraanreste waar daar nog baie pitte sigbaar is.

Dit bevat buffers van goeie gehalte en medikasie wat suurpens voorkom. Hierdie produk pak ook proteïen- en mineraaltekorte aan, wat tipies by voer met hoë energie voorkom.

Om suurpens te beperk, moet skape minstens 14 dae voordat hulle die koringsaad optimaal kan benut, vrye toegang tot Voermol Landelek hê. Voer Voermol Landelek teen 200 g/skaap/dag. Voer ook koringsaad daagliks op die veld en vermeerder geleidelik oor die 14 dae soos volg:

  • Dag 1 en 2: 200 g/skaap/dag.
  • Dag 3 en 4: 300 g/skaap/dag.
  • Dag 5 en 6: 400 g/skaap/dag.
  • Dag 7 en 8: 500 g/skaap/dag.
  • Dag 9 en 10: 600 g/skaap/dag.
  • Dag 11 en 12: 700 g/skaap/dag.
  • Dag 13 en 14: 800 g/skaap/dag.
  • Dag 15: Voer koring ad lib met ad lib ruvoer/veld beskikbaar. 

Soek jy ’n antwoord? Besoek ons webwerf vir duisende antwoorde deur kenners.

  • Gaan na Landbou.com.
  • Klik op Indeks van antwoorde vir onderwerpe te kies en keur.

Wil jy graag ’n vraag vra?

  • Klik op Kundiges op Landbou.com.
  • Klik dan op Vra ’n vraag.