Dit is aangebied deur die Simonstad-klub en die Weskus- militêre perdesentrum.
Die liggewigruiter Mariska Burger (Weskus-klub) het die 80 km-roete, wat na Jacobsbaai en die Saldanha-natuurreservaat loop, die vinnigste afgelê. Sy was altesame 4 uur 15 minute en 45 sekondes in die saal. Haar perd, Wadrif Achmed, het ’n gemiddelde spoed van 18,77 km/h gehandhaaf.
Die standaard- en swaargewigwenners was onderskeidelik Julia de Kock (Tuinroete-klub) op Wadrif Kasalo en Koos de Villiers (Simonstad-klub) op Tucuman.
Shade Ellis (Wes-Kaap-klub) en haar perd, Atilla, het die spesiale Voerdokter-prys ontvang. Perd én ruiter het die afgelope drie jaar beenbreuke opgedoen en ná ’n lang herstelproses die taai 80 km-roete met gemak teen ’n gemiddelde spoed van 14,5 km/h voltooi.
Veeartse ondersoek elke perd vóór die rit, ná elke skof en ná die eindpunt. Daar is ná elke skof ’n verpligte ruspunt waar perde afkoel, drink, vreet en deur veeartse ondersoek word. Die veeartse besluit of die perde verder mag deelneem.
Ná afloop van die rit ken die veeartsspan, drr. Mark Walton, Henk Basson en Dave Longland, pryse toe vir die perde in die beste toestand.
Hulle kyk onder meer na hartkloptempo, slymvliese, dermklanke, hidrasie en beweging. Die lig-, standaard- en swaargewigwenners van dié gesogte pryse was Mariska Burger, Nicolene Leidig (Weskus-klub) op Nourma Storm en Koos de Villiers.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier