Die Buffalo River Hunting Set wat deur LA Arms in Pretoria bemark word, is net die ding vir hierdie taak.

Dit bestaan uit ’n slagmes van 221 mm, ’n mes van 221 mm met ’n haak waarmee die pensvel oopgesny word sonder om die vleis met pensmis te besmet, en ’n vleissaag van 363 mm om die borsbeen mee oop te saag.

Die stel pas netjies in ’n drasak van swaardiensnylon wat aan die jagter se gordel gehaak word.

PRYS: R625 

NAVRAE: LA Arms, 012 329 5990