Die gevorderde hoëdefinsiesensor van 1920 x 1080 bied bedags volkleursig, terwyl ’n nagsigfunksie aangeskakel kan word deur die druk van ’n knoppie. Nagsig kan in die klassieke groen-en-swart of in wit verskaf word.

Die Wraith is toegerus met ’n verwyderbare infrarooibeligter van 850 nm om die nagsiggehalte verder te verbeter en akkurate teikenverkryging tot op 200 m te bewerkstellig.

Die teleskoop is ten volle aanpasbaar met tien verskillende retikules en nege verskillende kleure, ’n batterylewe van 4,5 uur met vier gewone AA-batterye en ’n mikro-USB-poort vir bykomende krag. Die Wraith kan ook opnames maak.

PRYS: R15 999 (aflewering uitgesluit).

NAVRAE: Mnr. Ettiene du Plessis, KarooOutdoor, 063 265 0742.