Dis die eerste keer dat ’n beoordelaar diere op verskillende plase besoek om kampioene aan te wys.

Dié eer het die internasionaal bekende mnr. Martin Seyfferdt van Bloemfontein te beurt geval en diere van Advocate-Sussex van oudregter Callie Cillié, wes van Bloemfontein, Blemaba Kan van mnr. Junior Keyser by Kroonstad, Pritchard-Sussex van mnr. Piet van Wyk by Bothaville en Pothou-Sussex van mnr. George Potgieter by Viljoenskroon is beoordeel.

Junior kampioen, Advocate Diamond 6E. Eienaar: Regter Callie (083 388 0830) en me. Erina Cillié, Bloemfontein. 
Jongbulkampioen, Pothou Ball Tamper 4de. Eienaar: Mnr. George en me. Daleen Potgieter.
Kalfkampioen, asook fase  D-­kampioen, Pothou Charles 9de. Eienaar: Mnr. George en me. Daleen Potgieter.
Fase C-kampioen, Advocate Steel Train. Eienaar: Regter Callie en me. Erina Cillié.

Dit was ’n toetslopie ná die genootskap se eeufeesviering weens Covid-19 tot 2021 uitgestel moes word. Die vroulike kampioene is almal uit die Pothou-stoetery afkomstig, naamlik Pothou Carnation 20ste (junior en raskampioen, vroulik), Pothou PSS 144829 (senior kampioenkoei), Pothou Zuma 17de (jongverskampioen) en Pothou Actress 111 (verskalfkampioen).