Die ooreenkoms bied drie opsies. Die voerkraal kan die speenkalwers namens die produsent te voer en dan kry die produsent die volle waarde van die karkas; winsdeling waar die voerkraal die produsent die helfte van die huidige speenkalfprys betaal, die kalf voer en dan kry die produsent die helfte van die wins op die karkas terug nadat die koste afgetrek en die karkas gegradeer is; of ’n pryspremie op die speenkalwers.

Mnr. Jan Morgan, eienaar van die Morgan-groep, sê hy het vertroue in die ras. Dié vleis het ’n goeie plaaslike mark en ’n groot vraag in die Midde-Ooste waarheen die groep vleis uitvoer.

Die ras is een van die grootstes in Australië en Amerika. Suid-Afrika kan egter internasionaal meeding omdat die plaaslike produksiekoste gewoonlik laer is.

Dr. Michael Bradfield, uitvoerende hoof van die WSA, sê die GWB-program sal alle sektore van die Wagyu-ketting sertifiseer om produkintegriteit te verseker en ’n konsekwente boodskap aan verbruikers te gee rakende dié vleis as produk en om te bewys dit voldoen aan Wagyu se minimum standaarde. Die GWB sal ook die Wagyu-bedryf die geleentheid bied om die vleis op die regte manier te bemark en produsente se produk te beskerm.

’n Produsentedag word op 7 Maart by die Morgan-voerkraal, Delmas, gehou. Sprekers sluit in mnr. Frans Stapelberg, voorsitter van die WSA, wat die ras se strategiese plan sal verduidelik, Bradfield wat die plaaslike en internasionale vraag sal bespreek, Morgan wat die besigheid se aanbod sal verduidelik, en dr. Conrad Coetzer, ’n voedingkundige wat die voeding van speenkalwers sal bespreek.

Nog besonderhede is op www.wagyu.org.za beskikbaar of bel Ivonne by tel. 051 492 1852.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.