“Wagyu dui nie op die vleis nie, maar uitsluitlik op die eetervaring,” sê dr. Michael Bradfield, uitvoerende hoof van die genootskap. Ten spyte van die ongeëwenaarde vraag na Wagyu-vleis in Suid-Afrika, bly die grootste struikelblok die swak aanbod.

Volgens Bradfield is die landwye bekendstelling die eerste stap om dit reg te stel en ’n grondslag vir die onderskeie aspekte van die aanbodketting te skep.

“Ons wil nie net die belangstelling van potensiële telers prikkel nie, maar wil hulle en ons bestaande lede met al die hulpmiddele by te staan om ’n beduidende bydrae tot die bedryf te lewer,” sê hy.

Die genootskap se gesertifiseerde Wagyu-beesvleisprogram sal ook tydens die bekenstellingstoer bevorder word. Dit is daarop gemik om die integriteit van Wagyu-produkte te verseker, asook om genoeg rasdata te versamel om met die samewerking van Wagyu Australië aan die genetiese program vir enkelstapevaluasie deel te neem.

Die datums vir die vier bekendstellings is:

18 Junie – Irene (LNR-ouditorium, Pretoria) 

20 Junie – Landboukollege Glen (Bloemfontein) 

22 Junie – Landboukollege Elsenburg (Stellenbosch) 

26 Junie – Landboukollege Cedara (Pietermaritzburg)

Sprekers op die geleenthede, wat onder meer die invoer van Wagyus sal bespreek, is mnre. Graham Truscott (Wagyu-konsultant van Australië) en Brian Angus (Suid-Afrikaanse stigterslid), asook drr. Michael Bradfield en Fanie Steyn (albei van Wagyu Suid-Afrika).

Navrae: Me. Annette Derks, e-pos: annette@lumin.co.za

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.