Porter was voorheen die ondervoorsitter. Hy het Tarka Brahmane in 1980 in vennootskap met wyle mnr. Eric Bilse van Bilse en Sisal Brahmane begin.

In 1983 het die McEwan- en Porter-families Tarka Brahmane gestig nadat hulle ’n vennootskap gevorm het om Bilse se aandele te koop. Vier jaar later is die kudde in twee gedeel toe die Staal-familie, eienaars van die Bos Blanco-kudde by Kroonstad, die McEwan-kudde gekoop het. Tarka Brahmane word sedertdien deur Wayne en Tracey Porter bestuur.

willem barnard
Mnr. Willem Barnard. Foto: Brahman-genootskap

Mnr. Willem Barnard van Mokopane, voorsitter van die genootskap se promosiekomitee, is die nuwe ondervoorsitter. Hy dien reeds die afgelope sowat sewe jaar in die Brahman-raad. Barnard het sy stoetery, Wilbar Brahmane, in 2005 geregistreer. Hy boer deeltyds, terwyl hy heeltyds as besigheidsbestuurder van Sanlam in Limpopo werk.