Dié ses maande oue ramlam, Double Diamond, is op die Skotse Texel-veiling in Lanark aan drie boere verkoop. SkyNews berig die eerste bod op hierdie merkwaardige skaap was £10 000.

SkyNews berig die vorige rekordprys van £231 000 (meer as R5 miljoen) is in 2009 ook deur ’n Texel behaal.

Een van die kopers, mnr. Jeff Aiken, kuddebestuurder by Procters Farm, het aan SkyNews vertel baie kopers op die veiling het hul oog op Double Diamond gehad omdat hy ’n buitengewone dier is.

“Hy is ’n massiewe lam met goeie karakter, wat belangrik is vir teeldoeleindes. Dan kyk ’n mens na die fynere besonderhede – sy kop, haarkleur, die kleur van sy oë en bene – en sien jy hy is absoluut perfek.”