Die 2018-uitgawe is só saamgestel dat verskillende trekker-en-werktuigkombinasies se koste afsonderlik of gesamentlik van die tabelle af gelees kan word, in rand per uur of rand per hektaar. “Op die een bladsy word die koste in rand per uur verskaf, en op die teenoorgestelde bladsy word rand per hektaar verskaf,” sê mnr. Koos le Roux. 

Le Roux en sy vrou, Marietjie, gee die gids jaarliks uit. Mnr. Derick le Roux, ’n ingenieur, is sedert verlede jaar ook deel van die span. Koos sê dit is vanjaar vir hom ’n besondere voorreg om die gids uit te gee, aangesien hy sy 80ste verjaardag vier. 

Die gids word ook deur trekkermaatskappye en ander belanghebbendes in die landbou gebruik.

Raad

Die gids help boere onder meer om te beplan hoeveel trekkers en werktuie nodig is om gewasse binne ’n sekere tydsbeperking te plant, die korrekte diepte en spoed waarteen werktuie en trekkers moet werk, die tipiese dieselverbruik (in liter per uur of liter per hektaar) vir verskillende trekkerklasse, die koste vir elke aksie wat ’n trekker-en-werktuig-kombinasie uitvoer, van ploeg tot sleepwa trek, in rand per hektaar of rand per uur en nog meer.

Le Roux sê hulle is ook in die proses om die gids in ’n nuttige selfoontoepassing te ontwikkel. 

Bestel die meganisasiegids by Koos le Roux by sel 082 828 9531 of per e-pos by koosleroux@live.co.za.

Landbou.com het een eksemplaar van die gids om gratis weg te gee. Belangstellendes kan ’n e-pos stuur na alani.janeke@landbou.comDie wenner sal eerskomende Vrydag, 13 April, gekies word.

* Baie geluk aan mnr. Diekus van Wyk wat die gelukkige trekking en dus die gratis eksemplaar gewen het.