Die 2019-uitgawe is só saamgestel dat verskillende trekker-en-werktuigkombinasies se koste afsonderlik of gesamentlik van die tabelle af gelees kan word, in rand per uur of rand per hektaar. “Op die een bladsy word die koste in rand per uur verskaf, en op die teenoorgestelde bladsy word rand per hektaar verskaf,” sê mnr. Koos le Roux.

Le Roux en sy vrou, Marietjie, gee die gids jaarliks uit. Mnr. Derick le Roux, ’n ingenieur, is sedert verlede jaar ook deel van die span.

Mnr. Ferdie Pieterse, besturende direkteur van meganisasie by Senwes, sê dié gids is ’n nuttige hulpmiddel vir boere wat nuwe toerusting wil aankoop. Dit help hulle ook om die koste van verskillende bewerkings met ’n kombinasie van trekkers en werktuie te bereken. “Die inligting in die gids kan gebruik word om ’n omvattende meganisasie-strategie op te stel.”

Die gids kos R350. Vir nog inligting of om die gids te bestel, kontak mnr. Koos le Roux by koosleroux@live.co.za of 082 828 9531. 

* Landbou.com het een eksemplaar van die gids om weg te gee. Belangstellendes kan e-pos na alani.janeke@landbou.com stuurDie wenner sal op Vrydag 31 Mei aangewys word.

 *Baie geluk aan Heini Grobler wat die gids gewen het. 

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.