Die Covid-19-pandemie en die inperking het ook sy stempel afgedruk op die produksie van dié gids, maar hoewel dit later as normaal is, is die gids nou beskikbaar, sê mnr. Koos le Roux, een van die samestellers.
Le Roux en sy vrou, Marietjie, gee die gids jaarliks uit. Mnr. Derick le Roux, ’n ingenieur, is die afgelope twee jaar ook deel van die span.
Die gids is só saamgestel dat verskillende trekker-en-werktuigkombinasies se koste afsonderlik of gesamentlik van die tabelle af gelees kan word, in rand per uur of rand per hektaar. “Op die een bladsy word die koste in rand per uur verskaf, en op die teenoorgestelde bladsy word rand per hektaar verskaf,” sê mnr. Koos le Roux.
Die gids kos R350. Vir nog inligting of om die gids te bestel, kontak mnr. Koos le Roux by koosleroux@live.co.za of 082 828 9531.
* Landbou.com het een eksemplaar van die gids om weg te gee. Belangstellendes kan e-pos na alani.janeke@landbou.com stuur. Die wenner sal op Vrydag 17 September aangewys word.
*Baie geluk aan mnr. Jason Vermeulen wat die gids gewen het.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier