Staalland van Bethlehem se driepunt-misstrooier (model D3-280) is ontwerp vir die toediening van stikstof by mielies nadat dit geplant is, wat ’n wielaangedrewe strooier uitskakel. Die tenk se houvermoë is 2,8 m3, wat op sowat 4 ton kalk neerkom. Die voermeganisme bestaan uit twee afsonderlike houers en twee voerbande sonder laste. Die werktuig is presisiegereed. Prys: R276 000. Navrae: Me. Edna de Wet, e-pos: edna@staalland.co.za; 058 304 2215; 082 446 2368.
Die Duits vervaardigde Amazone (ZA-V 1700) Super Profis Tronic is ’n hoogs doeltreffende kunsmisstrooier wat ontwerp is vir werkverrigting tot op 30 km/h. Tot 390 kg per minuut kan oor ’n werkwydte van 36 m gestrooi word teen ’n werkstempo van 33 ha per uur. Ingeboude weeg-seltegnologie stel die werktuig in staat om outomaties aanlyn gekalibreer te word. Die houvermoë van die kunsmisbak is 1 700 liter. Prys: R286 925. Navrae: Mnr. Ruben van der Merwe, 082 920 3177.
Peake Equipment van Beestekraal, Brits, spog met hierdie driewielmisstrooier vir gebruik in boorde en hoenderhokke. Dié selfaangedrewe werktuig het ’n tenkhouvermoë van 600 liter en kan 7 m na weerskante spuit met sy TeeJet-spuitstukke. Dit word aangedryf deur ’n driesilinder-Yanmar-enjin. Prys: R478 400. Navrae: Mnr. Donald Peake, 083 710 0810; 012 277 1360.
Bundi Power van Johannesburg dryf handel in sonkrag-boorgatpompe. Die sentrifugale pomp van vlekvrye staal kan sowat 4 000 liter/h tot op ’n diepte van 103 m pomp en benodig vier sonpanele van 270 W vir sy werking. Die waterlewering oor sowat ses uur van ’n dag wanneer die son doeltreffend skyn, is sowat 15 000 liter tot ’n diepte van 60 m. Prys: Op aanvraag. Navrae: Mnr. Garth McClean, 011 397 7373.
Met só ’n groot hommeltuig kan ’n boer presisieboerdery tot die volgende vlak voer. Drone Dusters van Midrand voer sy landbouhommeltuie van China in. Hierdie model, die Z-Lion-20LS, kan 20 kg spuitstof dra om gewasse met behulp van GPS akkuraat te bespuit. Sy battery hou die tuig vir 15 tot 20 minute in die lug. Dit kan ook onkruiddoder langs lyndrade spuit om dit skoon te hou. Prys: R378 350. Navrae: Mnr. Clayton Booysen, 071 602 8726.
Trots Suid-Afrikaans. Engel Drones bemark hierdie bielie van ’n hommeltuig wat ontwerp is om presisiespuitwerk op die plaas te doen. Dit het ’n hibriede battery-petrolenjin sodat dit nie van ’n battery afhanklik is wat elke keer gelaai moet word nadat dit gewerk het nie. Die enjin word bloot hervul. Die hommeltuig, ontwerp deur Perfect Precision van Dundee, gebruik agt skroewe om sy vrag van 20 liter spuitstof te dra. Dit bespuit teen ’n tempo van 10 ha per uur. Prys: R437 000. Navrae: Mnr. Manfred Hellberg, 083 640 2022.
GC Tillage van Pietermaritzburg se kunsmisstrooier van vlekvrye staal met ’n bakhouvermoë van 2,5 m3 (of 2 ton kunsmis, na gelang van die digtheid van die materiaal) word van die Jan-fabriek in Brasilië ingevoer. Dit word deur die kragaftakker van die trekker aangedryf en is reeds vir presisietoediening aangepas. Prys: R170 200. Navrae: Mnr. Anton Botes, 082 959 0044.
Agritech se kunsmisstrooiers het ’n bakhouvermë van 350 liter tot 600 liter. Die kragaftakker-aangedrewe werktuig se oop- of toemaakfunksie kan hidroulies vanaf die trekker beheer word. Die 600 liter-model (foto) kan kunsmis bandplaas. Prys: R18 515. Navrae: Mnre. Nakkie Weideman, 083 303 1161; Adriaan Köhne, 087 627 3459.
Die Belt Destoner van Japs Engineering van Benoni vervang ’n gewone gravitasietafel. Die masjien se tafel kan teen ’n hoek gestel word om die roleffek te verkry van die pitte wat rond is, teenoor klippe of ovaal of plat pitte wat uit die mengsel teen 1 ton per uur uitgesorteer word. Die slytasie van die onderdele en montering is minimaal. Die masjien is ook geskik vir saad, soos suikerbone, soja, sorghum en selfs makadamianeute. Prys: R97 750. Navrae: Mnr. Jaap Jan Sterkenburg (op die foto), 011 965 1202.
Almaz van Johannesburg versprei die Chinese RC1-64X-saadsorteerder, veral vir die verwydering van graan van swak gehalte uit ’n mengsel. Dit kan sowat 1,5 ton per uur sorteer in die geval van koring. Mnr. Allen Mackay van Almaz roem daarop dat ’n Arlingtonse klant ’n bykomende R2 000/t verdien met sy sojabone waarvoor hy die masjien gebruik. Prys: R299 000. Navrae: Mnr. Allen Mackay, 078 298 4114.