Die vleëlsnyers se sny-aksie vind plaas deur hamers of lemme wat op ’n horisontale as takke of snoeisels tot 75 mm dik kan opkap.

Die snyer het ’n hidrouliese driepunt-haakstelsel, wat diesnyer 50 cm van die middel na regs kan skuif om onder bome of tot teen heinings te reik. Die vleëlsnyer is beskikbaar in vyf verskillende modelle met snywydtes van 1,5 m tot 2,3 m.

Vir die F230, die grootste model, wat ’n snywydte van 2,3 m het, is die minimum vereiste ’n 60.

NAVRAE: Mnr. Russel Jerome, e-pos: russel@falconequipment.co.za, sel 072 071 4244.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.