Die stropers sal beskikbaar wees vir kwekers reg oor Afrika.

Die stroper beskik oor ’n paar vertikale rollers wat teen 0,5 omwentelinge per minuut beweeg.

Die rollers het nylonvingers wat die koffiebessies versigtig pluk, sonder om die plant te beskadig.

Daar is 1 248 vingers met ’n lengte van 576 mm en 480 vingers met ’n lengte van 520 mm, wat glo die beste kombinasie vir die stroopproses is. Die vingers vibreer om die bessies los te skud.

Die stroper word aangedryf deur ’n driesilinderenjin wat 41 kW lewer. Bessies kan gestroop word by struike wat tot 3,9 meter hoog is.

PRYS: Op aanvraag.

NAVRAE: Mnr. Arno du Plessis, e-pos: arno@northmec.co.za, 011 922 2300.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.