PROMOSIE

John Deere met sy alombekende groen trekkers en werktuie met die geel takbokkie, is al baie dekades lank ’n huishoudelike naam in die Suid-Afrikaanse landbou.

Daarom is dit net logies dat dié Amerikaanse maatskappy ook volledige reekse balers bied wat in elke boer se behoeftes sal voorsien. Trekkers en balers vorm ’n eenheid op enige graanplaas, en die ideaal is dat albei uit die John Deere-stal kom, want hulle is gemaak om mekaar perfek aan te vul.

Landbouweekblad het gaan kyk na ’n paar van die gewildste John Deere-balers wat plaaslik beskikbaar is, naamlik die groot L341- vierkantige baler wat deel uitmaak van die One Series vir boere wat op groot skaal bale maak, asook die reeks vaste¬kamer M-rondebalers.

Die L341-model

Die L341-model is ideaal vir boere wat dinge op groot skaal doen. Die Premium¬¬Mega-wide-optelstelsel is in twee wydtes beskikbaar, naamlik 2,2 m (standaard) en 2,5 m. Die 2,5 m-stelsel is die wydste in sy soort in Suid-Afrika beskikbaar, en vergemaklik die maak van goed gevormde, vierkantige bale van verskillende lengtes – selfs op lande waar plantrye nie eweredig tot mekaar is nie.

Die optel-en-saampersaksie van die L341 laat min graan agter op die land waarop hy gewerk het. Dié baler is toegerus met ’n BalerAssist-stelsel waardeur hooi of strooi wat in die oesproses verstrengel en saamgepers raak, maklik losgemaak kan word deur die snystelsel hidroulies vorentoe of agtertoe te laat beweeg – met ’n keuse van ’n vinnige of stadige spoed in albei rigtings.

Die baler het ’n unieke vogsensor waarmee die voggehalte van die hooi of strooi deurentyd gemeet kan word terwyl dit sny. Dit skakel alle raaiwerk uit.

Die kombinasie van die MegaWide-optelstelsel, die Baler-¬Assist-stelsel, die vogmetingsensor, asook ’n baalweegstelsel, maak dit vir die operateur maklik om vinnig die korrekte aksies uit te voer. 

Bale is 90 cm hoog en 120 cm breed. Die lengte is verstelbaar van 60 cm tot 300 cm. Die L341 is 8 m lank, 3 m wyd en 2,75 m hoog, en weeg 9 210 kg. ’n Trekker waarvan die enijin minstens 108 kW krag opwek, is nodig om dit te sleep. Dit het ’n sesvoudige dubbelknoopstelsel waarmee bale vasgeknoop word.

Rondebalers

John Deere het ’n reeks hoëdigtheid-rondebalers wat in elke behoefte op die plaas sal voorsien. Die reeks bestaan uit die modelle F440E en F441M en wat elk vir spesiale toestande aangepas is. 

Die F440E-model is ’n gebruikersvriendelike baler wat ideaal is vir bale op kleiner skaal – soos op hoewes. Dit pas goed in by lae tot mediumvloei in normale toestande en vaar goed met veral droë oesmateriaal. 

Die F441M is aanpasbaar by verskillende gewasse. Dit kom met volledige tou- en net-vasmaakstelsels. Dit kan aangepas word met spesiale rolbaaltegnologie vir kuilvoergewasse en nat gewasse. Die baalkamer van die F440M, met sy kettinggedrewe riffel-rolaksie, kan enige soort gewas dig en ferm baal.

Wat dié reeks robuuste rondebalers ideaal maak, is hul lae onderhoud. Almal het ’n outomatiese oliestelsel vir die kettings en maklik bereikbare ghriespunte. Die reeks gebruik grootliks dieselfde onderdele, asook dié van John Deere se reeks 900-balers, wat herstelwerk vergemaklik. Nóg ’n kenmerk van die reeks is die lae werkgeraas daarvan.

Verdere kenmerke van dié reeks balers is onder meer die Rotoflow-stelsel, wat eenvormigheid en gelyke digtheid van bale verseker, die maklike ontkoppelingstelsel, die MaxiCut-stelsel met 13 snymesse wat ideaal is vir die sny van kuilvoergewasse, en die verstelbaarheid van die snylengte van die gewas (40 mm en 80 mm). Al John Deere se produkte en onderdele het ’n waarborg van 12 maande.

Navrae:

 Webwerf: www.deere.com; tel. 011 437 2600.