’n Klein meul van Drot­sky kan vir huishoudelike gebruik, soos die maal van mielies, koring en speserye, gebruik word. Die T2-model (bo) het ’n eenfasige, elektriese motor van 2,2 kW en kos R10 925. ’n Kleiner T1-meul kos R10 454. Navrae: Mnr. Francesco van Wyk, sel 083 267 3286.
Die Agro-Masz-hoëspoed-skotteleg word deur AgripiecesSA, ’n onderdele-en-werktuigverspreider van Johannesburg, uit Pole na Suid-Afrika ingevoer. Dit is ’n 1,5 m wye skotteleg met 12 skottels wat afsonderlik in twee rye gemonteer is, en werk optimaal teen 10 km/h tot 15 km/h. Die skotteleg is geskik vir vrugteboere wat ’n saadbedding vir dekgewasse op die wingerd- of boordvloer wil vestig. Prys: R113 850 (dit sluit ’n eenjaarwaarborg in) Kontak: Mnr. Karel Jooste, e-pos: sales@agripieces.co.za; sel 072 364 0596.
Mnr. Ian Dickie, die Kaapse vervaardiger van munisipale en boutoerusting, het ’n aftakker­model van ’n rioolspuit vertoon wat pype en besproeiingstelsels skoon kan spuit. Die spuitpunte, wat deur ’n verstopping gedruk word, blaas die water na agter om aanpaksels uit die stelsel te verwyder. Prys: R218 500 Kontak: Mnr. Warren Spann, sel 082 467 0894.
Myburgh Toerusting se draadspanner het groot belangstelling gewek. Mnr. Jannie Myburgh, die ontwerper, wys hoe vier drade tegelykertyd daarmee gespan kan word sonder dat die drade deurmekaar raak. Die drade word eers van die tolle afgerol en dan met ’n rathefboom styf getrek. Prys: R34 500 NAVRAE: Mnr. Jannie Myburgh, sel 082 417 0175.
Circa-flow van Kroonstad ondersteun Nampo al die afgelope 18 jaar en die Welgemoed-familie bou reeds 55 jaar lank damme. Mnr. Erichsen Welgemoed vertoon ’n dam van sink-aluminium-allooi met ’n inhoudsmaat van 28 000 liter. Die deursnee is 5 m en hoogte 1,6 m. Dit is ook met ’n voering van 1 500 mikron toegerus. Prys: R36 225 Navrae: Mnr. Erichsen Welgemoed, sel. 082 921 5802.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.