Danksy die kombinasie van ’n Cummins-enjin en die CAT-ratkas is die Versatile van die doeltreffendste trekkers in sy klas. Die Versatile bied maksimum trekkrag teen laer enjinrevolusies danksy die motor se verbeterde wringkragkurwe, wat doeltreffender werking en brandstofverbruik moontlik maak.

Die modulêre konstruksie en eenvoudige ontwerp van afsonderlike oliekompartemente, transmissie, hidrouliese stelsel en planetêre asstelsel verminder onderhoud, diens, staantyd en bedryfskoste. Algemene onderhoud kan ook in slegs ’n fraksie van die tyd voltooi word, wat bydra tot bedryfsdoeltreffendheid.

Cummins is die eksklusiewe enjinverskaffer van Versatile, en Cummins Suid-Afrika is die waarborgverskaffer van alle Versatile-trekkers in Suid-Afrika. Die stewige grootraamreeks word deur JWL-landbou versprei. Dié trekkers word met ’n 25 mm-raam gebou en gebruik ’n enjin van 15 liter, met die grootste verplasing teenoor dié van mededingers.

Die 2018-model DeltaTrack 520DT, 570DT en 620DT met kraglewering van 362 kW tot 429 kW (387 kW tot 462 kW maksimum kraglewering) bied ’n toename van 15% in trekkrag op die grond vergeleke met vorige modelle. Dit bied ook meer wringkrag regdeur die kragkurwe.

Die DeltaTrack se brandstoftenk is in die middel van die trekker geplaas om gewigsverspreiding te verbeter, teenoor dié van mededingers aan die agterkant van die trekker. Dit bring mee dat die gewigsverspreiding verander namate die brandstofvlak in die tenk wissel.

PRYS: Op aanvraag – wissel volgens trekkermodel.

NAVRAE: Mnr. Werner Nel, sel 079 506 7495

© MessengerPeople

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.