Die pryse sluit BTW in en kan in party gevalle benaderd wees.

Southtrade het die Italiaanse Maschio Trotter 125-baler vertoon. Die werktuig maak bale van 1,2 meter by 1,2 meter en het ’n optelmeganisme wat 2 meter breed is. Dit kan die bale met toue of baalnet toedraai. Die baler het messe in die baalkamer wat die voer kerf. Prys: R569 250. NAVRAE: Mnr. Danie Degenaar, sel 082 214 0883.
Elke tol van dié swaardiens-sestolhark van Myburgh-toerusting het plek vir 80 vingers om die werklas te verlig en die gebruiksduur te verleng. Die aanhaakplek vir die trekker is in die middel, wat die sweepslag verminder wanneer die hark neergeplaas word. Op die arm van elke tol is ’n wegbreek-as wat oplig wanneer ’n versperring getref word. Prys: R34 500 (’n viertolmodel kos R25 300 en ‘n vyftolmodel R29 900). NAVRAE: Mnr. Jannie Myburgh, sel 082 417 0175.
Hippo Sleepwaens van Bloemfontein het sy nuwe veeldoelige veesleepwa uitgestal. Dit kan vir die vervoer van beeste gebruik word. Deur ’n ekstra vloer te installeer, kan kleinvee op twee vlakke vervoer word. Die laairuimte kan ook met hekkies verdeel word. PRYS: Die model op die foto is met ’n neuskas verleng en kos R79 580, wat die ekstra vloer en hekkies insluit. NAVRAE: Mnr. Johan Fouché, sel 083 274 5426.
Nic-sleepwaens van Coligny het ’n NIC14-model van 4,8 meter met ’n dravermoë van 3 500 kg bekend gestel waarop vier bulle gelyktydig vervoer kan word. Die onafhanklik geveerde onderstel kan 5,5 ton dra. Die 17”-wiele word op ’n dubbele asstelsel gebruik. Prys: R111 550. NAVRAE: Mnr. Nic Keyser, sel 082 859 0904.
Hierdie beessorteerstelsel van Algar-veehanteringstoerusting van Carletonville maak beeswerk makliker. Dit beskik onder meer oor ’n bewegende fuik (houkraal met draaihek waarmee die beeste na die drukgang gedwing word), ’n terugloopstop om te voorkom dat hulle in die drukgang agteruit loop, ’n nekklamp en ’n sorteerhek. Die drukgang se wydte is verstelbaar. Prys: R69 320. NAVRAE: Me. Carin Nortjé, sel 082 324 6256.
Trogtek van Welkom se lam- en kalfkroeg is ’n trog wat altesaam 20 liter melk hou en op ’n gemaklike hoogte vir die vee aan ’n kraal gehaak word. PRYS: Die lameenheid links by mnr. Tiaan van Wyk kos R1 012 en die kalfeenheid regs by mnr. Hennie Jonker R1 092,50. Die beeslekbakke kos onderskeidelik R310,50 (links; deursnee 500 mm) en R460 (deursnee 625 mm). NAVRAE: Mnr. Hennie Jonker, sel 082 855 3445.
Southtrade se nuwe Machio-ketting-en-staafbaler, ingevoer uit Italië, het ’n geslote baalkamer. Die optelmeganisme werk 2 meter breed. Die baler kan die baal met toue of baalnet toedraai. Prys: R327 750. NAVRAE: Mnr. Danie Degenaar, sel 082 214 0883.
Ilgi se R8-voermenger het ’n bakmaat van 8 m3 en ’n ladingsvermoë van 2 ton. Danksy ’n dubbele awegaar is goeie vermenging moontlik en kan die gemaalde voer aan weerskante in voerkrippe uitgelaai word. Bale word agter ingevoer en opgekerf. Geen hidrouliese aandrywing is vanaf die trekker nodig nie, aangesien die menger sy eie hidrouliese pomp het. Prys: R471 500, wat ’n skaal insluit. NAVRAE: Mnr. Dawie Bennett, sel 083 383 0154.
Drotsky noem hierdie apparaat ’n “elektriese trekker”. Dit dryf ’n voermenger en hamermeul aan en die bedoeling is om die boer se trekker te spaar of vir ander werk beskikbaar te maak. ’n Elektriese motor dryf die werktuig hidroulies aan. Prys: Modelle van 15 kW (R52 078) tot 75 kW (R91 644). Op die foto is die 55 kW-model van R83 465. NAVRAE: Mnr. Francesco van Wyk, sel 083 267 3286.
Die Bos-tot-Kos-werktuig van die plaaslike vervaardiger Bosvreter van Dwaalboom maal indringerbosse fyn en vermeng dit met bymiddels sodat dit as goedkoop veevoer (sowat R1 000 per ton) kan dien. Boonop voeg dit waarde toe terwyl die boer sy grond ontbos. Prys: R557 750. NAVRAE: Mnr. Piet Simpson, sel 082 574 3792. Kyk ’n video oor die werktuig by: https://www.youtube.com/watch?v=K3AS06oSsKA
Falcon van Howick se gesleepte hooimaker (F60/350VT) is ’n nuwe weergawe van die semi-gemonteerde hooimaker (F80/350V). Dit is ’n dubbelrotorwerktuig met ’n snywydte van 3,5 m. Dit benodig trekkrag van slegs 55 kW. Prys: R233 450. NAVRAE: Me. Anna du Plessis, tel. 033 330 4764.
Dié baaljagter van Agri Shalom van Bloemfontein word agteraan ’n trekker gehaak. Daarmee kan een boer of werker rondebale op die land optel en dit op ’n sentrale plek neersit. Dit versamel tien bale op ’n keer voordat die bale afgelaai word. Prys: R161 000. NAVRAE: Mnr. Jan-Abraham Strauss, sel 082 636 1785. Kyk ook na ’n video op hul Facebookblad, agrishalom.
Falcon se F60/450 Flexwing-wentelsnyer is die grootste en enigste plaaslik vervaardigde werktuig in sy soort in die land. Met ’n snywydte van 4,5 m kombineer dit hoë produktiwiteit met lae instandhouding. Dit het ’n bladveerstelsel, en die drie onafhanklik geskarnierde dekke kan op ongelyke terrein sonder oormatige skraping suksesvol sny. Prys: R388 010. NAVRAE: Me. Anna du Plessis, tel. 033 330 4764.
Orbach Agri van Meyerton, vervaardiger van ’n reeks hooisnyers, voer dié Poolse tolsnyer in. Die DMT 3400RC het ’n snywydte van 3,4 m, ’n werkverrigting van 4 ha per uur en benodig ’n trekkers met drywing van minstens 75 kW. Prys: R442 750. NAVRAE: Mnr. Hannes Rautenbach, sel 083 415 4486.
Inttrac Trading bemark die Vlakvark 20-baalafroller wat hooi, strooi en kuilvoer kan afrol. Die werktuig word uit Spanje ingevoer en kan rondebale van 1,8 m behartig. Prys: R120 750. NAVRAE: Mnr. Adam van Aswegen, sel 078 457 0952.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.