Die pryse sluit BTW in en kan benaderd wees.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.

Rula-Agri se 8-ry-Seedmax SMX108-planter speel ’n dubbele rol deurdat dit kunsmis vanuit ’n tenk van 2 000 liter volgens presisiebeginsels in die grond kan plaas en ook saad vanuit saadbakke van 70 liter elk met elektriese aandrywing en pneumatiese drukbeheer kan saai. Prys: R914 250. Navrae: Mnr. Tiaan van Loggerenberg, sel 082 882 1272.
Rula-Agri se Fert Trail 7000 word agteraan ’n werktuig gehaak om kunsmis of saad te voorsien. Dit het ’n selfstuurmeganisme. Die verskillende modelle werk van 8 tot 24 rye. Hierdie model het ’n tenk met ’n inhoudsmaat van 7 000 liter. Prys: R713 000. Die intreemodel kos R555 450. Navrae: Mnr. Tiaan van Loggerenberg, sel 082 882 1272.
Henkru is ’n Bloemfonteinse werktuigvervaardiger wat ’n 12-ry-groenvoerplanter vertoon het. Dit het ’n toetrap-roller pleks van ’n toetrap- wiel. ’n Stelknop maak maklike uitmeting moontlik en dit is nie meer nodig om ratte te vervang om die uitmeting te kalibreer nie. Prys: R138 000. Navrae: Mnr. Gerhard Kruger, sel 082 550 0241.
Piket-werktuie van Piketberg se hidrouliese 20-ry-saadkasplanter is geskik vir weidingsdekgewasse en kontantgewasse. Die ryspasiëring is 254 mm. ’n Verandering is die verskuiwing van die drawiele na agter om doeltreffender teen skuinstes te kan plant. Prys: R558 900. Navrae: Mnr. Bartho Smit, sel 076 499 7513.
Monotec, plantervervaardiger van Joostenbergvlakte, het sy Monosem Quad-Max-geenbewerking­mielieplanter bekend gestel. Dit kan 16 rye met ’n spasiëring van 76 cm plant. Dit het nie ’n elektroniese skakelaar nie en word nie aan die kragtoevoer van die trekker gekoppel nie. Vir vervoer, word dit aan die kopkant gehaak en die wiele 90 grade gedraai. Dit vereis ’n minimum trekkrag van 220 kW en kan teen 15 km/h plant. Prys: R2 956 466. Navrae: Mnr. Deon Huisamen, e-pos: sales@monotec.co.za, sel 083 233 4266.
Piket-werktuie van Piketberg se NoTill Cover Crop-planter is ideaal om dekgewasse in boorde of wingerde te vestig. Die 10-ry- gravitasieplanter is 1,8 m breed en werk in rye van 178 mm. Dit het drie saadbakke, wat tegelyk fynsaad, growwer saad en kunsmis teen 5 km/h tot 7 km/h kan saai. Die minimum trekkragvereiste is 55 kW. Prys: R147 200. Navrae: Mnr. Wimpie van der Merwe, e-pos: info@piket.co.za; tel. 022 913 2435.
Die Equalizer C-Ultra 32-762-presisieplanter is geskik vir minimumbewerking. Dit kan 32 rye met ’n spasiëring van 76 cm plant. Die saad- en kunsmistenks kan 8 100 liter hou. Die planter kan tot 30 ha/h beplant. Die planter word deur Equalizer in Brackenfell vervaardig, is Isobus-gereed en is met Precision Planting se elektroniese presisieplantstelsel toegerus. Die planter, wat op Camso-rusperbande gebou word, se minimum trekkragvereiste is 348 kW. Prys: R4 945 000. Navrae: E-pos: info@equalizer.co.za, tel. 021 981 2161.
Case IH se splinternuwe Case Early Riser-planter is ontwerp om ’n vroeër opkoms van gewasse te verseker. Die planter is beskikbaar in ’n 16-ry- en 24-ry-konfigurasie en gebruik spesialisplantereenhede om saad met 100% akkuuraatheid in diepte en stand te plaas. Die planter kan egalig teen ’n spoed van tot 16 km/h plant. Prys: R3 266 000 (16-ry-weergawe) en R4 600 000 (24-ry-weergawe). Navrae: Case IH, tel. 011 922 2000.
Die dubbelry-Mono- sem-druklugwortel­saadplanter, wat oor die afgelope dekade bykans geen verandering ondergaan het nie, word deur Monotec van Joostenbergvlakte vervaardig en versprei. Die planter kan aangepas word om enige fynsaad te plant. Die planter het ’n minimum trekkragvereiste van 50 kW. Prys: R271 239. Navrae: Mnr. Deon Huisamen, e-pos: sales@monotec.co.za; sel 083 233 4266.
Rovic Leers se Rovic Syncroplant kan pasgemaak en volledig toegerus word met Precision Planting-toebehore. Hierdie 12-ry-geenbewerkingskyfplanter met ’n 762 mm-ryspasiëring is beskikbaar in modelle wat strek van 8-ry- tot 16-ryplanters. Dit kan ook in ryspasiërings van 457 mm en 914 mm opgestel word. Prys: Prys op aanvraag. Navrae: E-pos: info@rovicleers.co.za; tel. 011 396 6200.
Lemken van Garsfontein het sy Solitair 8 – 400DS uitgestal. Dit is ’n 4 m wye fynsaaddruklugplanter wat 32 rye kan plant. Die Solitair 8 is ook beskikbaar in 3 m- (24 rye) en 3,5 m- (28 rye) modelle, en as ’n sleepmodel. Dit kan saad teen 1,5 kg/ha tot 400 kg/ha plant. Die Solitair 8 – 400DS is toegerus met ’n kraghark wat van die kragaftakker aangedryf word en ’n doeltreffende saadbedding selfs in kikoejoe kan voorberei. ’n Minimum trekkrag van 140 kW (35 kW per meter wydte) word vereis. Die planter kan saad teen 14 km/h tot 100 mm diep plant. Prys: R575 000 (4 m-model). Navrae: Mnr. Karel Munnik, e-pos: k.munnik@lemken.com; sel 082 412 2577.
Die Noorweegse Kverneland U-Drill Plus 3000 word versprei deur Jupidex van Pietermaritzburg, met handelstakke oor die hele land. Die U-Drill, ’n druklugfynsaadplanter met ’n 12,5 cm rywydte, kan teen 10 km/h tot 18 km/h plant. Die saadbak kan 4 200 liter hou en is in die helfte gedeel vir die saad en kunsmis. Die planter het ’n werkwydte van 6 m en kan toeslaan om ’n vervoerwydte van 3 m moontlik te maak. Die planter vereis ’n minimum olievloei van 90 liter/min. en is ten volle verenigbaar met Isobus. Prys: Prys op aanvraag. Navrae: Mnr. Jose de Nobrega, sel 082 835 8507.