Vermeer beloof dat dié hidroulies aangedrewe masjien ongeëwenaarde spoed, gerief en beweeglikheid na grootskaalse hooimakery sal bring. Dit verminder nie net die aantal stappe wat ’n operateur moet voltooi om ’n baal te maak nie, maar maak ook outomatiese, intydse aanpassings gegrond op die land, gewas en insette deur die drywer.

’n Wyer uitsig uit die kajuit maak dit vir die operateur maklik om die proses te monitor namate hooi in die baalkamer inbeweeg. Sleutelkomponente van die baalproses vind outomaties plaas. Sodra die gekose baalgrootte bereik is, sal die masjien outomaties stilhou en begin vasbind, die baal vir aflaai draai, die agterklap oopmaak, die baal op die windry plaas waar dit vandaan kom en die klap weer sluit.

Met ’n verstelling kan die bale ook links of regs van die windry geplaas word. Om te begin baal, hoef ’n mens net die “Go”-knoppie te druk