Pryse sluit BTW in en kan benaderd wees.

Dié chemiese spuit vir die bekamping van plae op sitrus- en neutbome is deur Van Breda Agri uitgestal. Dit gebruik ’n ossilerings- proses om ’n sterk lugstroom te skep om die spuitstof uit die 4 meter hoë toring teen 300 l per minuut tot diep binne-in die bome te blaas. Die verskillende modelle het tenks van onderskeidelik 2 000 l, 3 000 l en 4 000 l. Elke model het ’n spoel- en handewasstelsel om aan EuroGAP-vereistes te voldoen. Prys: R339 250 Navrae: Mnr. Michael van Wyk, sel 074 188 8598.
Hierdie balkspuit van Van Breda Agri is in Suid-Afrika vervaardig en word agter aan ’n trekker gehaak. Die 16 m-spuitbalk word meganies gelig en laat saak, en vou meganies op. Benewens ’n spoel- en handewasfunksie volgens EuroGAP-vereistes het dit ook opvoubare trappe aan weerskante. Die spuit het meganiese kontroles. Dit dien spuitstof teen 125 l per minuut toe. Prys: R224 250 Navrae: Mnr. Michael van Wyk, sel 074 188 8598.
Die toediening van chemikalieë hoef nie meer net met sproeikoppe te geskied nie. Terratill van Australië het ’n pypstelsel, Friction Flow™ Back End System, van nylon ontwerp wat wrywingsverlies gebruik om die sterkte van die straal vloeistof wat gespuit word, tot die regte sterkte te verminder. Dit skakel spuitkoppe uit wat verstop of foutief raak, en dus minder staantyd verg vir onderhoud. Mnr. Jason Young van Furrow Management Systems in Perth, Australië, wys hoe die demonstrasiewerktuig die spuitstof toedien. Op die inlas is die verdeler wat op ’n planter aangebring is om die vloeistof na die individuele toedieningspunte te gelei. Prys: Die koste van ’n 24 ry-eenheid beloop sowat R184 000, wat die toerusting uitsluit wat die spuitstof van die tenk na die nuwe pypstelsel neem. Navrae: Mnr. Henry van Vuuren, sel 079 997 8938.
GC Tillage van Pietermaritzburg versprei die Brasiliaanse Lancer 7.5-kalk-en-kunsmisstrooier. Die bakwerk van 7,5 m3 en kettingstelsel is van vlekvrye staal en dit het ’n presisietoedieningstelsel. Die tandemwielstelsel verseker stabiele werking en minstens 80 kW trekkrag is nodig. Die bak hou 6 ton kalk en 4,5 ton kunsmis. Prys: R318 550 Navrae: Mnr. Anton Botes, sel 082 959 0044.
Staalland van Bethlehem se Toekomsblik is ’n konvensionele kalk-en-kunsmisstrooier wat presisiegereed is om as sitrusboordstrooier te dien. Die plasing van die strooimateriaal op die walletjies onder die sitrusbome beteken bykans geen stof beland op die boomblare nie en voorkom vermorsing in die binnebaan. Die strooier is hidroulies aangedrewe en kan eenvoudig aangepas word om sy normale breedwerpige strooiwerk van agter af te doen. Prys: R253 000 (standaard-C350-strooier sonder die boord-aanpassings); die prys van die doelgemaakte boordstrooiers is op aanvraag beskikbaar. Navrae: Me. Edna de Wet, sel 082 446 2368.
Die Gaspardo Primo-kunsmisstrooier van Northmec Implemente is uit Italië ingevoer. Dit het ’n bak van 3 100 l en dien kunsmis afwisselend op die land toe. Dit word as Isobus-gereed geklassifiseer om satellietnavigasie moontlik te maak. Die werktuig strooi die produk sowat 36 meter wyd uit. Dit kan ook kalk toedien. Prys: R345 000 Navrae: Mnr. Shaun van Jaarsveld, sel 084 588 0308.
Die Stara Imperador 3,0-kombinasiewerktuig wat deur Kempston Agri in Kempton Park bemark word, word as die wêreld se eerste selfloop-kombinasiewerktuig beskou wat chemikalieë of kalk kan toedien. Dit word uit Brasilië ingevoer. Die werktuig het ’n tenk van 2 400 l vir vloeistof en ’n bak van 3 ton vir korrelkunsmis. Die spuitbalk is in die middel gemonteer vir beter stabiliteit. PRYS: Dit het nie ’n vaste prys nie omdat die prys volgens verskillende opsies bepaal word. Navrae: Mnr. Christo Bamberger, sel 083 627 0228.
Falcon, verspreiders van die Amazone-spuittoerusting, ondervind ’n toenemende neiging in die saaibedryf ten gunste van selfaangedrewe mini-kombinasiespuite wat groter veeldoeligheid op die plaas beteken. Die kombinasie op die foto bestaan uit ’n voorgemonteerde tenk van 1 000 l?, teenoor die agterste tenk van 1 800 l?. Dit is ook toegerus met ’n spuitbalk van 24 meter. Prys: R891 250 Navrae: Mnr. Ruben van der Merwe, sel 082 920 3177.