PROMOSIE

JD Link is ’n intydse data-insamelingstelsel wat alle fabrikate landboutoerusting in die veld met die boer se kantoor en mobiele toestelle verbind. AFGRI Equipment en John Deere se vennootskap strek terug tot 1962. In dié tyd het AFGRI voordeel geput uit outomatiseringstoerusting, ondersteuning en dienste van wêreldgehalte.

John Deere vind baat by AFGRI se uitgebreide meganisasie-handelaarsnetwerk oor Suid-Afrika heen, asook in sekere Afrika-lande en in Wes-Australië. “Die AFGRI Equipment-handelaarsnetwerk is die grootste buite Noord-Amerika,” sê mnr. Tinus Prinsloo, uitvoerende hoof van AFGRI.

“Met die JD Link-stelsel, wat AFGRI Equipment reeds aan boere beskikbaar gestel het, word ’n wye reeks data van alle toerusting versamel. Noodsaaklike inligting wat staantyd voorkom, is te alle tye tot boere se beskikking en ons meen dit sal doeltreffendheid nog meer bevorder.”

Produktiwiteit

Inligting word na ’n John Deere-bedryfsentrum gestuur en kan óf deur die sentrum óf die JD Link beoordeel word. Danksy JD Link kan kliënte:

  • Hul vloot dophou;
  • Werksvordering monitor;
  • Logistiek bestuur;
  • Toegang tot belangrike toerustinginligting verkry;
  • Toerustingprestasie ontleed en optimaliseer;
  • SMS-waarskuwings of e-pos- boodskappe ontvang;
  • Toegang kry tot afstandbeheerde ondersteuning vir operateurs; en
  • Data-uitruiling outomatiseer.

Waardevol

Tinus sê dié unieke stelsel, wat die eerste keer in die bedryf beskikbaar is, is van onskatbare waarde vir die toekoms van groot kommersiële boerderye. “JD Link bied verskeie funksies en voordele. Selfs die eenvoudigste data bestaan uit toerusting- spesifieke statistieke, soos dieselvlakke, enjintemperatuur en spoed.

“Wat egter die opwindendste is, is die doeltreffende data wat beskikbaar word, soos die hoeveelheid voltooide hektaar, die gemiddelde aantal hektaar wat per uur bewerk is, driepuntposisie en wielglip. Toerusting kan selfs ‘elektronies omhein’ word en ’n tydsbeperking aandui wat eienaars waarsku teen ongemagtigde gebruik.”

JD Link kan ook as ’n toegangspunt funksioneer vir data wat na en van masjinerie vloei. Uiters noodsaaklike opdaterings vir toerusting kan deur middel van ’n internetverbinding of deur middel van ’n gedeelde skerm hanteer word. Dit stel tegnici in staat om via ’n internetskakel toegang te kry tot die skerms binne die kajuit.

Foutkodes kan na die eienaar, operateur of handelaar gestuur word namate dit voorkom.

Tegnologie

Dit klink dalk soos iets uit ’n wetenskapsfiksierolprent, maar dit is die landbou in die 21ste eeu en die klem lê tot in die fynste besonderhede op doeltreffendheid.

“AFGRI Equipment het nog altyd die waarde daarvan besef om in presisielandbou te belê. Ons glo ons produsente kan beter en meer ingeligte besluite neem met dié soort tegnologie omdat hulle die regte inligting het wanneer hulle dit benodig.

“Ons het hierdie reis begin om saam met produsente te werk om ’n nuwe era van inligtingstegnologie, outomatisering, bestuur en winsgewendheid in die landbou in te lui. JD Link is ’n belangrike deel van die totale strategie om ons te help om ons toekomsvisie te verwesenlik,” sê Tinus.

Die stelsel kan deur verskeie modelle en soorte toerusting gebruik word. Die enigste beperking is die dataverskeidenheid op sekere toerusting van ander handelsmerke. Nog ’n voordeel is dat stelsels, benewens dié van John Deere, ook by die platform gevoeg kan word. 

Navrae:
E-pos: afgri@afgri.co.za; webwerf: www.afgri.co.za; tel. 011 063 2347.