By voerkrale, afrondingskampe en melkplase is ’n voermenger ’n belangrike skakel in die produksieketting. Rumax se plaaslik vervaardigde reeks voermengers is ’n bekende naam in die veebedryf en een wat oor die jare respek verwerf het vir die sterk konstruksie, doeltreffende mengaksie en die bekostigbaarheid van die verskillende modelle.

Rumax se reeks voermengers begin met kleiner, statiese konsentraatmengers van verskillende groottes (0,5 ton tot 2 ton) wat veelek meng (vanaf R55 000). Die reeks voermengers wat agteraan ’n trekker haak, begin by 5 m³. Die volgende groottes is ook beskikbaar: 7 m³, 9 m³ en 15 m³. Dit is dus ideaal vir kleiner kuddes of prestasiegroepe wat deel van intensiewe voerprogramme is.

Die werktuie word ontwerp om by die boer se unieke behoeftes aan te pas. Rumax vervaardig nie net voermengers nie, maar ook meganiese snoeilemme, misstrooiers, hamermeulens, awegare, kerwers en pilmasjiene. Produkte in die Rumax-reeks is direk vanaf die maatskappy beskikbaar. Afleweringskoste kan ook geld.

PRYS: Vanaf R155 250 vir die volvoermengers.

NAVRAE: Mnr. Jaco Pieters, 023 342 6070; web: www.rumax.co.za