Kamab Kookaburra DM11/395, ’n Simbrabul van die Metzger-familie van Seeis, is vanjaar se opperste kampioen-bees (kampioen van kampioene) op die Windhoekskou in Namibië. Hy het die titel verlede jaar ook verower.

Die bul het vanjaar ’n kragvertoning soos min gelewer, want hy was ook die skou se Elitebul, opperste kampioen-bul (dubbeldoelrasse) en Namibië se senior en grootkampioen-Simbrabul.

Kookaburra het reeds 67 kalwers wat as stoetvee geregistreer is, en hy is ses jaar oud.