Die skenking is die toptien Pinotage-wyne wat onlangs deur die Pinotage-assosiasie aangewys is. Hierdie tien wyne sal op Donderdagaand 12 September by die Swartlandskou se veiling opgeveil word.

Volgens me. Michele Ziervogel, sleutelverhoudingsbestuurder vir Absa aan die Weskus, sal die inkomste uit die veiling aan welwillendheidsorganisasies verbonde aan die skou geskenk word. Volgens haar is hierdie tien bottels wyn R35 000 werd. 

Daar is twee wyne uit 2012 (Delheim en Kanonkop), een van 2014 (Lanzerac), ses van 2015 (Flagstone, Diemersfontein, Windmeul, Neil Ellis, Stellenbosch Vineyards en Môreson) en een van 2016 (LaCave) in die versameling. Die skou begin vandag en sal op Saterdag 14 September ten einde loop.

Skakel die skoukantoor by 022 433 1607 of stuur e-pos na info@swartlandskou.co.za vir nog inligting.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op WhatsApp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.