Hommeltuigtegnologie voer dié kundigheid na ’n gevorderde vlak. Dit is ’n veiliger, vinniger en noukeuriger manier om betroubare data oor ’n spesifieke perseel of plaas en omliggende omgewing te bekom.

Die hommeltuie kan veilig en moeiteloos ingespan word om lugbeoordelings uit te voer en ’n 360º-perspektief van ’n terrein sowel as die impak daarvan op risikoprofiele te bied. Die gebruik van hommeltuie vir ’n spesifieke struktuur of ligging bied talle voordele.

Wanneer hommeltuigtegnologie gekoppel word aan ander tegnologie, soos 3D-modellering, termiese beelde en terreinontleding, kan risikospesialiste neigings ontleed om risiko’s te identifiseer en maatreëls aan te beveel wat die impak en die waarskynlikheid van ’n risiko sal verlaag.

Die inligting kan geïntegreer word met die tradisionele benadering tot risiko. Dit stel Indwe in staat om risiko’s beter te beoordeel, versekeringsdekking te verfyn om die invloed en waarskynlikheid van hierdie risiko’s te verlaag, en eise so gou moontlik af te handel.

Hommeltuigtegnologie help met die bepaling van verliesscenario’s, soos inspeksies op die perseel, veldontleding en aanspreeklikheid met eise, en help verliese voorkom. Swak plekke in strukture kan vroegtydig geïdentifiser word, en die risiko van ’n eiendom wat in ’n gebied met ’n hoë brandgevaar of baie weerlig val, kan bepaal word.

Hierdie voordele stel ’n eienaar in staat om ’n verlaagde risikoprofiel te handhaaf en die nodige stappe te doen om die algehele risiko te verlaag en premiekortings te regverdig.

Nog ’n voordeel is die vinnige en veilige ontplooiing van hommeltuie vir die monitering van gebiede wat geneig is om deur natuurrampe bedreig te word. Die owerhede en versekeringsmaatskappye kan só die inwoners van ’n bepaalde gebied waarsku wanneer brande of vloede ’n gevaar inhou.

PRYS: Kwotasies op versoek.

NAVRAE: Web: www.indwe.co.za; e-pos: info@indwe.co.za