Die paneel kan geprogrammeer word om op ’n spesifieke tyd aan en af te skakel, en beskik oor verhoogde beskerming teen kragopwelling. Die beheerpaneel se sleutelbord kan volgens die gebruiker se behoeftes aangepas word sodat alle bedryfsdata op een skerm vertoon word.

Die beheerstelsel word beskerm deur ’n weerbestande omhulsel wat van stewige plaatmetaal gemaak is. Verskillende groottes en ontwerpe is beskikbaar.

William Cameron, bestuurder van outomatisasie by ElectroMechanica, sê die uitleg van die beheerfunksies op die paneel is eenvoudig, maar doeltreffend, met genoeg werkruimte om installering en die diens van die paneel te vergemaklik. Aandrywers met wisselbare spoed verminder die energie wat die pomp se motor benodig, terwyl ’n konstante druk gehandhaaf word.

Selfs ’n klein spoedvermindering kan aansienlike kragbesparing beteken, sê Cameron. Tipiese gebruike sluit in landboubesproeiingstelsels, huis- houdelike waterpompe, akwakultuur, boorgatpompe wat met sonkrag aangedryf word, en stelsels vir sprinkel- en misbesproeiing.

PRYS:

Op aanvraag.

NAVRAE: Me. Karen Zotter, 011 249 5000, e-pos info@em.co.za; web: www.em.co.za

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.