PROMOSIE: Soos enige wynboer weet, is parstyd van die besigste tye op ’n wynplaas. Dit vereis deeglike beplanning en gereelde kommunikasie met almal op die plaas, van jou wederhelfte tot jou wynkopers. 

“Ek gebruik nie net my selfoon om te bel nie. Dit is my kantoor oral waar ek gaan, van die wingerd, na vergaderings en wanneer ek my kinders by die skool moet gaan haal,” sê De Wet. “Ek gebruik dit om datalyste te trek, somme te maak en om met al ons werknemers te reël wie, waar, wat en wanneer gedoen moet word.” 

De Wet is vol lof vir Blackview South Africa se BV 6000-selfoon wat hy in vanjaar se parstyd “toetsbestuur” het. 

Gemaklik in jou hand

Die selfoon se praktiese aanslag vergemaklik die gebruik daarvan. “Ten spyte van die grootte van die selfoon is dit gemaklik in jou hand en dit voel nie lomp nie. Die ease of access-funksie wat die selfoon bied, het my baie gehelp om vinnig by dokumente uit te kom of om persone wat ek gereeld moes skakel, se inligting te bekom,” sê De Wet. 

Die selfoon is ook “gebou om te hou,” sê hy. Dit gaan soms vinnig en rof, en die selfoon het ’n hele paar keer in die kelder en wingerd geval sonder dat die foon of sy skerm enige skade opgedoen het.” 

De Wet is ook ’n gereelde gebruiker van sosiale media, soos Twitter, Facebook en Instagram en hy is opgewonde oor die gehalte van die foto’s en video’s wat hy met die selfoon geneem het. “En dan het die selfoon ook ’n kompas en ’n flits – en dit is ’n ordentlike flits, nie ’n flou liggie nie,” sê De Wet.

Besoek https://blackview.co.za/ as jy meer oor dié selfone wil weet of op soek is na jou naaste handelaar.