Dit is ’n bekostigbare en betroubare reddingsboei vir netwerkonafhanklike boerderye wat nie toegang tot vesel het nie, nie duur verbindingspakkette kan finansier nie of gereeld slagoffers is van kabeldiefstal of vastelyninfrastruktuur wat ineenstort.

Suid-Afrikaanse boere kry toenemend te doen met kragvoorsienings-, sekuriteits- en ander infrastruktuurprobleme, wat hul vermoë benadeel om die internet te benut.

Gelukkig word satelliettegnologie, soos die Ka-band-tegnologie wat deur MorClick gebruik word, nie deur die weer beïnvloed nie. Dit omseil ook bergreekse, geboue en ander fisieke hindernisse wat dekking belemmer.

Satellietinternet benodig net ’n skottel, roeteerder en intekening wat jou persoonlike en bedryfsbehoeftes die beste pas. MorClick se installering is vinnig, maklik en gratis, hoewel reiskoste wel van toepassing is. Daar is geen toerustingskoste nie en alle MorClick-pakkette is onbeperk.

Sy landwye handelaarsnetwerk is byderhand om tegniese hulp en opleiding te bied aan boere wat nie vertroud met die tegnologie is nie of wil weet hoe om satellietinternet te gebruik om hul lewenstyl of werksaamhede te verbeter.

Prys: Vanaf R599 per maand.