Al die persele waarin die publiek kan belê, is in Suid-Afrika. Verskillende pakkette is beskikbaar. Na gelang van die pakket word die inkomste van twee keer per jaar tot maandeliks verdien. Die bloubessiebosse, sonpanele en byekorwe kan egter ook afsonderlik gekoop word vir vanaf net R500 per bloubessiebos.

Die beleggings word gemaak vir ’n tydperk van 8-20 jaar. Volgens die FedGroup is ’n saamgestelde opbrengs op die belegging van 14-16% jaarliks moontlik. Al die beleggings word aanlyn gedoen en kan intyds gemonitor word met FedGroup se selfoontoepassing.

As jy jou belegging voor die einde van die termyn wil aflos, kan jy jou aandeel in die boerderye aan FedGroup terugverkoop vir 70% van die waarde van jou belegging in daardie stadium. Die aankoopprys van die belegging sluit ook versekering in waarmee die FedGroup jou bloubessiebos, byekorf of sonpaneel kan vervang as dit dalk vernietig sou word.

PRYS: Vanaf R500.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.