Promosie-artikel:

Die opgradering van Case IH se webwerwe vir Afrika en die Midde-Ooste bied omvattende inligting oor die handelsmerk se volledige reeks produkte en dienste aan boere hier. Die nuwe webtuiste bied ’n vars, gebruikersvriendelike aanslag wat maklik navigeer.

Die groot verskeidenheid inligting hier word in verskillende formate aangebied en benut só die moontlikhede wat die digitale medium bied. Gebruik byvoorbeeld Flip Viewer om deur brosjures oor al die produkte te blaai. Direkte skakels na die YouTube-kanale Case IH Africa en Case IH Middle East maak dit ook maklik om toegang tot video’s oor die nuutste Case IH-nuus en produkte in die streek te verkry.

Kry wat jy soek vinnig by die Media Centre met sy fokus op Afrika en die Midde-Ooste. Inligting oor toere na die handelsmerk se vervaardigingsaanlegte, inligting oor Case IH se geskiedenis en sy  visie is ook blitsig beskikbaar.

By die aanlyn-FanShop sal ondersteuners van Case IH ook na hartelus kan inkopies doen. Daar is ook 'n Contact Us-gedeelte waar besoekers direk in verbinding gebring word met Case IH se toegewyde kliëntediensspan wat stiptelik reageer op enige vrae of kwessies wat geopper word.

Klik gerus op die volgende twee skakels:

Case IH Africa: http://www.caseih.com/en_af/Pages/Home.aspx

Case IH Middle East: http://www.caseih.com/en_af/Pages/DealerLocator.aspx

Verdere inligting is ook by www.caseih.com beskikbaar.