Android TV-boksies is by die meeste winkels beskikbaar wat elektroniese toestelle verkoop en kan by enige TV met ’n HDMI-poort ingedruk word. Die meeste platskerm-TV’s het só ’n poort, al is hulle al ’n paar jaar oud. Die boksie is klein en beslaan min plek, veel minder as ’n dekodeerder.
Dit is maklik om te installeer en duur slegs ’n paar minute. Die boksie gebruik data en dus het jy WiFi en minstens ’n 4 MB-internetlyn nodig. Behalwe vir Netflix, YouTube, Red Bull TV en vele ander opsies, kan jy ook DStv en Showmax op die boksie aflaai. Geen skottel of dekodeerder is nodig nie. Jy het wel nie al die funksies wat ’n dekodeerder jou bied nie, maar daar is genoeg.
Omdat jy met een DStv Premium-rekening op vyf verskillende toestelle kan inskakel, kan families of vriende een rekening tussen vyf van hierdie TV-boksies deel. Dit laat dus meer mense toe om Netflix en kykNET te kyk.
Heelwat verskillende soorte boksies is beskikbaar en pryse wissel baie. Sommige bied meer gebruikersopsies as ander, maar jy het nie die duurste een nodig nie. Die Xiaomi MI-boksie bied goeie waarde vir geld.
PRYS: Xiaomi se MI-boksie kos R1 199 by Incredible Connection.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier