Die konsep is sedert 2016 deur die EWT-span ontwikkel danksy die gebruik van 3D-ontwerp en -drukwerk. Daarmee kan flappe tot by kragdrade gevlieg en deur ’n hommeltuig geïnstalleer word. Die EWT is ’n gelisensieerde hommeltuigoperateur.

Luidens ’n verklaring deur die EWT laat die stelsel die installering van flappe toe aan kragdrade wat andersins nie maklik bereikbaar is nie. Werknemers hoef dus ook nie aan potensieel gevaarlike situasies blootgestel te word nie.

Die konsep is reeds deur die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid vir kommersiële gebruik goedgekeur. Dit is die eerste keer in die Zeerust-omgewing in Noordwes getoets by drade waarin aasvoëls soms vasvlieg.

Stuur e-pos aan mnr. Lourens Leeuwner, programbestuurder vir wildlewe en energie by die EWT, by lourens@ewt.org.za vir nog inligting oor die stelsel.