Dit bied ’n eenvoudige en aanpasbare webgebaseerde oplossing vir brandstofbestuur. Dit behels ’n pomp- en tenkbeheerstelsel wat intydse inligting oor brandstoftransaksies op pompe byhou. Só word rekordhouding op papier beëindig. Dit bied beter monitering en help om onderduimse transaksies op te spoor.

’n Boer kan met een profiel inligting vanaf verskeie terreine en tenks ontvang. Die pakket behels sagteware, ’n outomatiese tenkmetingstelsel (ATG-stelsel) en terminale by pompe.

Die boer voer ’n lys van gemagtigde bestuurders en voertuie in op die webgebaseerde SmartFuel Eco-toepassing. Elke voertuig ontvang dan ’n brandstof-aan-boord-sleutel (FOB-sleutel) en persoonlike identifikasienommer. ’n SmartFuel Eco-terminaal, wat vir taai toestande ontwerp is, word aan elke brandstofpomp verbind.

Maandelikse intekengeld vir sagteware vanaf R574 is van toepassing. Die bestuurder identifiseer homself en die betrokke voertuig op die terminaal en pons die voertuig se odometerlesing in voor brandstof gepomp kan word. Ná elke transaksie is die inligting in verskillende sagtewareformate via die toepassing of internet beskikbaar vir ontleding.

Inligting oor tenks se inhoud, wat deur die ATG-stelsel verskaf word, is ook só beskikbaar. Tenksensors stuur inligting oor tenkvlakke na ’n sender-ontvanger, wat dit na ’n internetwolk stuur vanwaar dit beskikbaar is. ’n Bykomende sonkragstelsel met batterye vir die terminale kan ook geïnstalleer word.

PRYS: Vanaf R30 000 vir hardeware en installering. 

NAVRAE: 011 615 3437, web: www.smartfuel.co.za