Mnr. Jaco Gerber, ’n wingerdboer van Stellenbosch, het die toepassing ontwerp omdat soveel boere, veral jong boere en studente, nie weet hoe om spuite te kalibreer nie. Hy bemark ook die toepassing en sê dit bespaar tyd en geld omdat die boer presies kan bereken hoeveel van enige produk nodig is. Dus is daar geen vermorsing nie.
Die toepassing is ook gebruikersvriendelik.
Hy sê die volgende berekenings word outomaties deur die toepassing gedoen, gegrond op die inligting wat ingevoer word: Hoeveel hektaar met ’n bepaalde tenk bespuit kan word, die hoeveelheid chemikalieë wat per 100 liter water bygevoeg moet word en die werklike oppervlak bespuit.
Ander funksies sluit in ’n stophorlosie, inligting-ikone met meer inligting oor wat by elke veld ingevoer moet word, en opsies vir ’n taalvoorkeur.
Elke berekening kan gebêre word om ’n databasis op te bou. Inligting wat met ’n vorige berekening ingevoer is, kan net so oorgedra word na ’n volgende berekening om tyd te bespaar. Resultate kan uitgeruil word via WhatsApp, Telegram, WeChat of e-pos.
Die CAL101-toepassing is beskikbaar in die toepassingswinkels op Apple iStore en Google Play Store.
PRYS: R129,99
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier