Die Blackview Zero weeg net 70 g, is met alle selfoonnetwerke versoenbaar en het ’n batteryleeftyd van tot 180 uur. Aangesien dit ’n slimfoon is, kan jy steeds al jou WhatsApp-boodskappe en aanlynkennisgewings daarop ontvang.

Die foon het ook ’n 2 MP-kamera, dit is met ’n 3G-internetverbinding toegerus, het 9 GB se bêreplek, kan aan WiFi koppel en het ook ’n Bluetooth-koppeling. Die selfoon, wat met ’n volkleurskerm toegerus is, is so groot soos ’n bankkaart en so dik soos ’n vuurhoutjieboksie.

“Die skermpie is maar klein, maar die foon is ontwerp vir boere wat telefoonoproepe wil maak en per WhatsApp in verbinding wil bly. Dit is nie bedoel vir iemand wat heeldag op Facebook wil wees nie,” sê mnr. Ryno Jacobs, besturende direkteur van Blackview Suid-Afrika.

Prys: R1 595. Aflewering is ingesluit indien die foon aanlyn bestel word.

Navrae:
Webblad: www.blackview.co.za; e-pos: info@blackview.co.za; tel. 012 880 0531.