Met die beste voornemens pluk jy ’n takkie af, sit dit in jou hempsak of in die bakkie om later te identifiseer as jy weer by jou kantoor en jou plantboeke is. Gou-gou is die plantjie egter vergete omdat belangriker sake afgehandel moet word. Dit sou daremgaaf gewees het om ’n maklik bereikbarehulpbron reeds in die veld te hê om te helpmet die identifikasie van die plant.

Die oplossing is ’n selfoontoepassing met foto’s van en inligting oor algemene veld- en weiplante van die Nama-Karoo-bioom van Suid-Afrika (sien foto hieronder). Dit is deur die Grootfontein- landbou-ontwikkelingsinstituut ontwikkel met die samewerking van die trust vir bedreigde natuurlewe en die IT-maatskappy TurtleTech.

Karoobossies

Die toepassing word in drie fases ontwikkel en fase 1 is reeds beskikbaar. Dit verskaf ’n elektroniese gids tot 250 plantspesies wat algemeen in die Nama-Karoo-bioom voorkom, soos bome, struike, kort bossies, grasse, vetplante en opslag. Dit het ’n opsie om ’n lys van al die spesies wat iemand in die veld gesien het, op te stel.

Inligting soos volks- en wetenskaplike name, foto’s, ’n algemene beskrywing van die plant, sy weiwaarde en giftigheidsgraad word vir elke spesie verskaf. Die toepassing dui aan of dit ’n indringerplant is, of dit medisinale en etnobotaniese waarde het en hoe dit deur die Nama-Karoo-bioom versprei is.

Fase 1 kan gratis in die Google Play Storeen iOS-platforms afgelaai word deur “Nama-Karoo Plants” in die soekblokkie te tik. Sodra die toepassing op ’n foon afgelaai is, is internetverbinding nie verder nodig om dit te laat werk nie. Dit kan dus ook in gebiede waar daar nie ’n sein is nie, gebruik word.

Fase 2 en 3 word tans ontwikkel. In fase 2 sal inligting wat gebruikers intik om die toestand van die veld op ’n spesifieke plek vas te stel, gebêre word.

Die funksie sal gebruikers toelaat om dietoepassing te gebruik om vinnig die veldkondisietellingdaarvan te bereken. Hierdietelling kan die gebruiker help om veld volhoubaarderte bestuur.

Inligting oor weidingstelsels wat algemeen in die Nama-Karoo-bioom gebruik word, salook in fase 2 verskaf word.

Fase 3 behels die ontwikkeling van ’n sogenoemde neurale netwerk wat die toepassing sal help om te “leer” hoe om spesie-identifikasiete doen op grond van die foto’s watgebruikers neem.

Dié fase sal ook ’n meganisme bevat waardeur gebruikers onbekende spesies wat nie geïdentifiseer kan word nie, kan aanmeld.Daar sal ook meer inligting oor die bestrydingvan indringerspesies en die uitwerkingvan giftige plante op diere wees.

In dié fase sal die liggingfunksie van selfone by die “My plants”-afdeling van die toepassing geïnkorporeer word. Sodoende sal ’n spesielys vir ’n spesifieke plaas of gebied opgestel kan word.

Navrae: Dr. Loraine van den Berg, e-pos: LoraineVDB@dalrrd.gov.za