Ons verspreiding keer na normaal terug, maar om te sorg dat jy elke uitgawe kan lees, en sommer terselfdertyd die winkels kan vermy, is daar ’n paar maklike opsies.  

  • Op Netwerk24 kan jy teen R99 per maand toegang kry tot jou elektroniese Landbouweekblad, asook verskeie ander Afrikaanse koerante en tydskrifte. Besoek https://www.netwerk24.com/, teken in en kry by die skakel e-publikasies toegang tot die jongste Landbouweekblad, asook alle vorige uitgawes. Dit lyk net soos jou gewone Landbouweekblad, dit is net op jou rekenaar of foon!
  • Teken ook in op Magzter (magzter.com) – dit is veral ideaal vir lesers met dataprobleme of wisselvallige internet, soos baie van ons lesers op die platteland wel ervaar. Die tydskrifte laai vinnig af en jy hoef dit boonop net een keer af te laai om later te kan lees. Spaar 28% as jy inteken op ’n jaarlikse uitgawe. As jy reeds ’n intekenaar is, en wil toegang kry tot die ligter weergawe op Magzter, stuur ’n boodskap na lbw@landbou.com, en ons reël dadelik toegang tot dié platform. Magzter kan jy ook enkeluitgawes koop, asook al ons handelsuitbreidings, soos Boerekos (die nuwe uitgawe is pas uit en het mense gaande), BoereplanneVeeHerlewingslandbou en ons gewilde Eeufeesuitgawe
  • Nog ’n intekenopsie is Zinio, waarop jy ook enkeluitgawes en al die handeluitbreidings kan aflaai.

Van 1 Junie af sal intekenare se tydskrifte weer deur die poskantoor versprei kan word. Om ontbrekende uitgawes te ontvang – of dit intussen digitaal te lees – stuur ’n e-pos na lbw@landbou.com. 

En as jy steeds sukkel om die tydskrif in ’n winkel te kry, laat weet ons ook by dié adres en ons help jou dadelik.